Request for proposals for Solar Power installation for small town in Northern Cape.

0
655
Versoek vir Voorstel

Aanbieding vir tegniese advies en ondersteuning by die realisasie van ‘n volhoudbare (duursame en

ekologies-vriendelike) energievoorsiening ten behoewe van Orania, Noord Kaap, Suid-Afrika.

Die prys voorstel mag alle of sommige van die dele bevat:

Deel A.

– Vir so ver dit noodsaaklik is die versameling van meteorologiese en geografiese gegewens

wat van toepassing is op die genoemde ligging asook basiese tegniese informasie ter

beoordeling van die toepaslikheid van ‘n volhoubare en klimaatneutrale

energievoorsieningstelsel ten behoewe van die genoemde ligging, insluitend bybehorende

substelsels.

Deel B.

– Die aanvraag van tegniese informasie en kospryse van toepaslike stelsels by diverse

leweransiers.

– Die maak van ‘n vergelykende koste en bate analise van die verskillende stelsels

– Die uitvoer van ‘n voorlopige stelsel keuse op basis van die beskikbare spesifikasies.

Deel C.

– Die maak van ‘n ontwerp-tekeninge en spesifikasies.

– Die aanvraag van kwotasies vir die plasing en aansluiting op die bestaande infrastruktuur.

– Die voer van onderhandeling met die gekose leweransier(s) en installeerder(s).

Deel D.

– Projek begeleiding vanaf voorbereiding van die terrein(e) tot en met aflewering en in

gebruik stel en

– Verder, hier nie nader genoemde werksaamhede wat nodig is om die projek te ontwikkel en

tot definitiewe in gebruik name te begelei.

Nota:

De volgende vereistes moet ook ingeneem word:

– Die kragsentrale moet onafhanklik van Eskom aan die dorp kan krag voorsien.

– Daar mag gebruik gemaak word van die invoer tariewe van Eskom.

– Die minimum vereistes van Eskom moet ten alle tye nagekom word.

– Krag moet ten alle tye bekostigbaar vir die dorpsgebruikers bly.

– Adisionele dele mag toegevoeg word indien die indiener van mening is dat die toevoeging

van waarde is vir die projek.

– Die dorp se verbruik vorige jaar was 2 300 000 kilowattuur

Sluitings datum vir voorstel: 2010-01-31

Ludwig Everson, Pr Eng., M Sc. Eng.

Ebert Terblance, Hons BCompt, (GR) SA

Namens: Orania Groeifonds Bpk.




Subscribe to our Newsletter!

Stay up to date with the latest news and relevant updates from us.