Kragdag Diamantvallei 2011

    0
    658

    Dis reeds vanjaar die 3de maal dat ‘n Kragdag op Diamantvallei gehou word. Op 2 Julie  (vanaf9.00 – 16.00) sal ‘n groot aantal verskaffers van alternatiewe krag-produkte demonstrasies lewer van hul produkte en beskikbaar wees om inligting daaroor te verskaf.
    Daar sal ook heerlike kosstalletjies wees, ‘n teetuin, biertuin en baie Afrikaans en musiek.

    Daar sal inligting en produkte wees tov son- en windkrag, kragbesparing, sekuriteitsisteme en veiligheid en selfverdediging  Opvoedkundige Teater:  Kort, interessante praatjies oor onderwerpe soos produksie van biogas, kragbesparing in jou huis met bestaande installasies, demonstrasie van gasgewere, bou jou eie sonoond teen minimumkoste, Kweek wintervoer in beperkte ruimte , Bou ‘n alternatiewe huis Kernkragbrandstof ens. sal dwarsdeur die dag aangebied word deur kundiges volgens ‘n uitgewerkte program.

    Daar sal ook ruimte wees vir Jeugdige Ondernemingskrag. Kinders mag teen ‘n klein bedrag(ek vra van hulle ‘n klein staatjie met hulle kostes – uitgesluit eie arbeid- omset en wins en 10% van die wins is hulle betaling vir die stalletjie) ‘n stalletjie bedryf vir eie fondse asook gratis ‘n alternatiewe krag- model of projek uitstal om in aanmerking te kom vir ‘n stewige kontantprys vir die suksesvolste of interessanste onderneming.

    Diamantvallei is geleë net langs die N4 snelweg na Witbank ongeveer 20km oos van Pretoria.

    Meer inligting kan verkry word by Hendrik en Alida Verwoerd 012 736 2154/083 258 5239 of www.kragdag.com

    Groete
    Alida Verwoerd

    Subscribe to our Newsletter!

    Stay up to date with the latest news and relevant updates from us.